Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - 'n Verwoestende brand het Dinsdag 15 Augustus groot skade aan 'n houtstruktuur agter die huis in Aandblomstraat 72, Môrestond, op Riversdal aangerig.
Met die Suid-Kaap Forum se aankoms op die toneel was die houtstruktuur agter in die erf reeds tot byna op die grond afgebrand.
Die plaaslike brandweer en wetstoepassing was reeds op die toneel en besig om die vuur te blus.
Volgens Frikkie Muller van Hessequa-rampbestuur het hulle omstreeks 12:51 'n oproep ontvang.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'