RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie het Dinsdag 12 Februarie beslag op ’n groot aantal Tik gelê.
Volgens lt.kol. Delicia Isaacs, stasiebevelvoerder het hulle inligting ontvang dat dwelms van George na Kaapstad vevoer word. “Ons het die leidraad opgevolg en op 807 gram Tik beslag gelê. Die verdagte is gearresteer en het Donderdag 14 Februarie in die hof verskyn.”
Die verdagte is steeds in aanhouding nadat sy aansoek om borgtog geweier is. Die dwelms wat in sy besit gevind is, het ’n straatwaarde van bykans R300 000.
Die polisie bedank die gemeenskap vir inligting wat deurgegee word.
Alle inligting sal as streng vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'