HESSEQUA NUUS - Die feesseisoen is feitlik op ons en ongelukkig is dit so dat veral ongelukke toeneem. Wees dus 'n held, staan 'n halfuur van jou tyd af en help die Wes-Kaap Bloedskenkdiens om hul bloedvoorraad op te bou.
Dagboek die volgende datums:
Heidelberg
- Maandag, 30 November in die stadsaal vanaf 12:00 tot 17:30.
Riversdal
- Donderdag, 17 Desember in die burgersentrum vanaf 14:00 tot 18:45.
Stilbaai
- Maandag, 28 Desember in die munisipale kantore se saal. As gevolg van die feestyd is die tye verander na 13:00 tot 18:00.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'