Mnr. Berrie Ferreira met 150 eenhede het die mylpaal na ongeveer 40 jaar behaal nadat hy as student aan die Universiteit van Vrystaat (Kovsies) bloed begin skenk het. Hy is met 'n geskenk deur die WP Bloedoortappingsdiens personeel beloon.
Me. Carol Finlay het na ongeveer 30 jaar as skenker 100 eenhede geskenk. Beide skenkers het gesê dat hulle sal aanhou skenk solank as wat hul gesondheid hul toelaat, omdat hulle bewus is van die belangrikheid van bloedskenking, veral met die naderende vakansieseisoen.
Die plaaslike NG Kerk wat vanjaar hul 100ste bestaansjaar gevier het, het 'n beroep op gemeentelede gedoen om gesamentlik 100 eenhede te skenk. Ds. Louwrens van Vuuren het die hoop uitgespreek dat hulle die teiken sal behaal.
* IN SHORT
Two blood donors of Witsand reached a major milestone when they donated their 150th and 100th unit of blood respectively on Monday, 28 October in the town hall. Mr. Berrie Ferreira (150 units) reached this milestone after about 40 years and Ms. Carol Finlay (100 units) after about 30 years.

Me. Carol Finlay skenk haar 100ste eenheid bloed terwyl Joseph Kauma bystaan.