HESSEQUA NUUS - Bloedskenkers en voornemende bloedskenkers in die Hessequa-streek kan solank onderstaande datums in die verskillende dorpe in hul dagboek opteken sodat dit nie vergete bly nie.
Datums
- Heidelberg: Maandag, 17 Januarie vanaf 12:00 – 17:30 in die gemeenskapsaal.
- Albertinia: Dinsdag, 25 Januarie vanaf 14:00 – 18:00 in die stadsaal.
- Riversdal: Donderdag, 10 Februarie vanaf 14:00 – 18:45 in die Thusong-sentrum.
- Stilbaai: Donderdag, 17 Februarie vanaf 12:00 – 15:00 in die gemeenskapsaal.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'