STILBAAI NUUSFLITS - Die Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum wat in 1987 op Stilbaai in die lewe geroep is en vanjaar sy 30ste bestaansjaar gevier het, is ‘n onontbeerlike organisasie wat onbaatsugtige werk verrig wat betref tuisversorging, basiese mediese dienste en voedselvoorsiening.
‘n Nuwe direksie bestaande uit 10 direkteure en een gekoöpteerde lid is op Jagersbosch se algemene jaarvergadering op 11 Oktober verkies.
Dié nuwe direksie sal onder andere daarop fokus om Jagersbosch finansieel volhoubaar te maak en die tuisversorgingsdiens verder uit te brei.
In Januarie 2018 sal begin word om ‘n langtermyn strategie te formuleer wat ‘n inflasiegekoppelde begroting, asook ‘n ondersteunende finansiële, befondsings- en bemarkingsplan sal insluit.
As ‘n nie-winsgewende maatskappy is hulle afhanklik van ‘n groot ledetal en jonk en oud word aangemoedig om aan te sluit, sodat dié ledetal nie net verhoog kan word om die doelwitte te bereik nie, maar ook om in lede se toekoms te belê.
Om meer uit te vind, kontak hulle by 028 754 1934.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'