Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - Sakeondernemings in Riversdal is moedeloos met die gevolge van beurtkrag.
Hulle kla oor die finansiële verliese omdat hulle nie hul besighede behoorlik kan bedryf nie.
Buiten die verlies aan werksure, verloor restaurante kliënte wat hulle nie tussen 18:00 en 20:30 kan bedien nie.
‘n Supermark is hand in die hare omdat die kragonderbrekings veral die bakkery lamlê sodat deeg weggegooi moet word.
Alhoewel beurtkrag vir die oomblik opgeskort is, is hulle bekommerd dat dit enige oomblik weer ingestel kan word en dan begin die stryd om winsgewend besigheid te doen weer van voor af.
- Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'