HESSEQUA NUUS - Beurtkrag het ’n baie nadelige invloed op landbou, veral as boere nie vooraf daaroor ingelig word nie.
Nicol Jansen van Agri SA meen Eskom se onlangse onaangekondigte toepassing fase 2-beurtkrag het die Suid-Afrikaanse ekonomie onkant gevang.
“Vroeëre waarskuwings kon ’n groot verskil gemaak het vir boere en besighede omdat hulle hul beplanning daarvolgens sou kon doen.”
Volgens hom het beurtkrag ’n impak op besproeiingsafhanklike en energie-intensiewe bedrywe soos tuinbou, suiwel, pluimvee en agro-prosessering, wat vir meer as 25% van die land se voedsel verantwoordelik is.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'