HESSEQUA NUUS - As gevolg van ’n onverwagte en groot hoeveelheid Eskom kragstasies wat probleme ondervind, het Eskom fase een kragonderbrekings ingestel.
Die doel daarvan is blykbaar om die lading minder te probeer maak en so doende die sisteem te stabiliseer. Eskom verskaf meer as 95% van Suid-Afrika se krag.
Hoewel Eskom ’n skedule bekendgestel het, is dit onderhewig aan verandering. Die stabiliteit van die aanleg bepaal of krag wel afgesit sal word of nie. Besoek juis daarom hulle webtuiste om bevestiging te kry.
Volgens Hessequa-munisipaliteit het hulle geen beheer oor die beplande uitvalle of watter fase van beurtkrag geïmplementeer word nie.
Beurtkrag skedules word vanaf Eskom beurtkrag webwerf verkry en is die munisipaliteit slegs behulpsaam om die beurtkrag fase skedules aan die gemeenskap deur te gee. Alle munisipaliteite is dus afhanklik van Eskom om beurtkrag asook die beurtkrag fases bekend te maak en aan te kondig.
Albertinia, Stilbaai Melkhoutfontein Jongensfontein Gouritsmond en Riversdal se skedule vir Donderdag 22 November tot Woensdag 28 November is as volg:
- Donderdag 22 November, 10:00 tot 12:30
- Vrydag 23 November, 18:00 tot 20:30
- Saterdag 24 November, geen
- Sondag 25 November, 00:00 tot 02:30
- Maandag 26 November, 08:00 tot 10:30
- Dinsdag 27 November, 16:00 tot 18:30
- Woensdag 28 November, geen.
Heidelberg en Witsand
- Donderdag 22 November, 16:00 tot 18:30
- Vrydag 23 November, geen
- Saterdag 24 November, 00:00 tot 02:30
- Sondag 25 November, 06:00 tot 08:30
- Maandag 26 November, 14:00 tot 16:30
- Dinsdag 27 November, 22:00 tot 00:30
- Woensdag 28 November, geen.
Vir die volledige skedule besoek hulle webtuiste by www.loadshedding.eskom.co.za
* Onderhewig aan verandering.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'