HEIDELBERG NUUS - 'n Jongman van Slangrivier is gistermiddag, Maandag 4 April, op 'n klag van dronkbestuur in hegtenis geneem.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, is die polisie in kennis gestel van 'n ongeluk op die N2 by Vleidam.
Hulle is na die toneel waar hulle die 27-jarige bestuurder, vermoedelik onder die invloed van alkohol, nog in die voertuig agter die stuurwiel gekry het terwyl die enjin nog geluier het.
Hy is in hegtenis geneem nadat daar vasgestel is dat hy geen beserings opgedoen het nie.
Volgens die polisie het die bestuurder na bewering beheer oor die voertuig verloor en die pad verlaat waar die voertuig in die ruigtes beland het.
Hendricks sê die bestuurder is na die hospitaal op Riversdal geneem waar bloedtoetse gedoen is.
Hy is vrygelaat en sal op 'n latere datum, sodra die uitslae van die toetse beskikbaar is en wel positief vir alkohol toets, in die hof verskyn.
Hendricks het 'n ernstige pleidooi aan alle voertuig bestuurders gerig om nie onder die invloed van alkohol hul voertuie te bestuur.Hulle is na die toneel waar hulle die 27-jarige bestuurder, vermoedelik onder die invloed van alkohol, nog in die voertuig agter die stuurwiel gekry het terwyl die enjin nog geluier het.
Hendricks sê die bestuurder is na die hospitaal op Riversdal geneem waar bloedtoetse gedoen is.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'