HEIDELBERG NUUS - ’n Jong vrou is Sondag 14 Julie in die vroeë oggendure in Heidelberg omgery en ernstig beseer.
Die voorval het in Pretoriussingel, Joe Slovo Park plaasgevind. Gretchen Fredericks, ’n enkelma van Slangrivier, is vermoedelik deur ’n rooi Jetta omgery.
Volgens haar neef, Johan Solomons, was sy op pad na hul tante se huis waar sy tuis was, toe sy deur die motor getref is. Sy was in Riversdal-hospitaal opgeneem, maar later per lugambulans na George oorgeplaas waar sy verskeie noodoperasies ondergaan het.
Volgens ao. Alroy Windvogel, plaaslike media skakelbeampte word klagtes van roekelose en nalatige bestuur ondersoek.
Hy doen ’n dringende beroep op enigiemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die arrestasie van die bestuurder, om dringend met die plaaslike dienssentrum by 028 722 1910 of met hom by 082 522 1245 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'