STILBAAI NUUS - Sewentien leerlinge wat in 1963 aan Hoërskool Langenhoven op Riversdal gematrikuleer het, asook 'n paar onderwysers wat vir hulle klas gegee het, het die naweek van 11 Augustus in die dorp bymekaar gekom om hul 55ste reünie te hou.
Wat dié geleentheid selfs meer besonders gemaak het, was dat vyf van dié groep van hul eerste skooldag in Laerskool Volschenk tot in matriek in Hoërskool Langenhoven saam skoolgegaan het. Lede van dié groepie het ook 'n 40- en 50 jaar-reünie gehou.
Die groep van 27 het heerlik in Stilbaai en by die huis van Johanna Prerentzler, wat betrokke was by die organisasie, en ook 'n matrikulant was en haar man, Lois gekuier.
Bettie Niehaus, wat in Huis Stilbaai bly en steeds die koor afrig, het volkspele afgerig en kon ongelukkig nie die funksie bywoon nie.
Die Klas van 1963 wat saam gekuier het, was agter, van links: Desiree Durr, Klaas de Jager, Catherine Retief, Grietha Venter, Cornelea van Rensburg, Niël Stegman, Jan Hofmeyer, Rudolf Rode, Riana Linde, Corné Sadie met die rooi baadjie met Elma le Roux agter haar, Marina de Vries en Susan Schorn. Voor sit Stephanus Gerber, Felina Harold, Johanna Prerentzler en Sammy Manfeldt.
Onderwysers en leerlinge saam (van links) Klaas de Jager, Grietha Venter en Niël Stegman wie leerlinge was met die LO-onderwyseres, Elise Hofmeyer en haar man, Alex (regs agter) en Alet Scheepers wie se man vir die klas biologie gegee het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'