Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die rolbal besigheidsliga is weer in volle swang.
Spanne het reeds ingeskryf en begin oefen.
Die eerste wedstryd skop het reeds Donderdag 22 Februarie stiptelik om 18:00 afgeskop.
Spanne wat nog wil inskryf sal geakkommodeer word.
Sluit gerus Donderdagaand by die spanne aan vir ’n gesellige samekoms.
Die klub het balle beskikbaar vir die wat nie het nie. Spanne speel op rotasiebasis teen mekaar tot die twee sterkste spanne dit in die eindronde uitspook.
Vir meer inligitng skakel Rachel Myburgh by 083 210 5879 of Johan van Rensburg by 082 218 8449.
Kyk ook hier na foto's van die eerste wedstryd en vorige oefensessie.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'