Video
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Hele paar besighede moes vroeër vandag (13 September) in die industriële gebied ontruim word.
Met Suid-Kaap Forum se aankoms was, buiten die nooddienste en brandweer, niemand in sig nie.
Volgens die hoof van Beskermingsdienste, Adneshel Voss, is die ontruiming as gevolg van ‘n probleem met chemikalieë, maar in hierdie stadium is die presiese oorsaak nie bekend nie en word dit ondersoek.
Die besigheid het self die beskermingsdienste in kennis gestel.
Ongeveer agt besighede was ontruim, maar is nou veilig verklaar en kan die personeel na hul werk terugkeer.
“Hessequa Munisipaliteit het alles hanteer en het ons Eden Haznat, ‘n spesiale eenheid wat met chemikalieë werk, in kennis gestel.
"Daar was geen ongevalle nie.”
Kyk 'n video onder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'