Gallery Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die bergfietsren oor verskillende afstande het Saterdag 9 Maart vir groot opwinding by die Pampoenfees gesorg.
Die roetes is Vrydag na swaar reën aangepas sodat deelnemers slegs aan bergfietsrenne oor 45 km en 25 km, en 'n veldwedloop van 15 km kon deelneem.
Daar was altesaam 80 inskrywings. Modder het behoorlik gespat tydens die fietswedren.
Suid-Kaap Forum-joernalis, San-Marié Cronjé het aan die 25 km-wedren deelgeneem om eerstehands haar ondervinding te deel. "Ek is nie fiks nie en het dit ook maar net-net gemaak.
"Dit was 'n pragtige roete met baie bulte. Modder wat om die fiets se wiele aangepak het, het dinge nogal bemoeilik.
"Almal was baie geduldig en by elke waterpunt is ons verwelkom en iets te drinke of te ete aangebied. Die mense van Stihl Lawnmowers op Heidelberg het selfs gery om te kyk of ek nie dalk iewers omgeval het nie. Ek het na die wedren nog stukkies droëwors by hulle gekry wat natuurlik baie gehelp het. Ek sê vir Liewe Jesus baie dankie vir afdraandes," het sy vertel.
Hoewel daar oral baie modder en modderpoele was, het dit die avontuur die moeite werd gemaak. Van die atlete wat aan die veldwedloop deelgeneem het, het vertel dat hulle behoorlik op die modder geskaats het.
'n Paar fietsryers het probleme met hulle fietse op die roete ondervind en kon nie die wedren voltooi nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'