HESSEQUA NUUSFLITS - 'n Groot aantal inwoners van dié streek maak nie van gesinsbeplanningsmetodes gebruik nie, ten spyte van pogings vanaf plaaslike gesondheidsfasiliteite om die belangrikheid hiervan aan hulle oor te dra.
Gesinsbeplananing behoort ‘n baie belangrike aspek van enige volwassene wat seksueel aktief is, se lewe te wees.
Bewyse toon dat vroue wat vier of meer kinders kry se risiko vir moedersterfte aansienlik hoër is.
Swangerskappe wat baie gou na mekaar en onbepland is, dra by tot ’n hoër babasterftesyfer.
Tienerswangerskappe is ook ’n rede hoekom gesinsbeplanning so noodsaaklik is.
Tieners se babas is meer geneig om vroeg gebore te word of ’n lae geboortegewig te hê en hulle het ook ’n hoër neonatale sterftesyfer.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'