STILBAAI NUUS - Sally is 'n gesteriliseerde wyfiekat van Stilbaai. Sy is vanaf 22 November verlede jaar reeds vermis van haar geliefde huis in Andersonstraat naby die hawegebied.
Sally het nie van die bouwerk wat om haar huis plaasgevind het gehou nie en om alles te kroon het hulle haar huis ook begin verf.
Dit was net een te veel vir hierdie sensitiewe lyfie.
Volgens 'n diere-kommunikeerder is Sally naby die Stilbaai-gholflandgoed.
'n Beloning van R500 word vir die persoon aangebied wat haar vind of terugbesorg.
Kontak Sandra Lotz (082 962 1831).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'