RIVERSDAL NUUS - 'n Dame het haar vier voorste valstande Saterdagmiddag 3 November teen ongeveer 15:45 naby die treinspoor onderweg na Aloeridge misplaas.
Volgens haar het sy grondboontjies geëet, waarna dit onder die tande ingegaan en haar seergemaak het.
Sy het dit uitgehaal, om in haar sak te druk, maar moes dit mis gedruk het, want toe sy by die huis kom en dit wou uithaal, was daar niks.
Sy is dadelik op haar spoor terug en het daarna gaan soek, maar iemand moes dit opgetel het.
Sy is bereid om 'n beloning te betaal vir die persoon wat dit aan haar terugbesorg. Skakel haar by 064 534 0928.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'