Hy is na 'n kort siekbed in die hospitaal vermoedelik aan brongitis dood.
Jantjies het op 8 April sy laaste verjaarsdag saam met Theodore gedeel. Oom Piet, soos Jantjies alombekend was in die dorp, is op Heidelberg gebore waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het voor hy tot die boubedryf toegetree het. Hy het bouwerk regdeur die hele kontrei gedoen, maar veral op Witsand die meerderheid van sy werk verrig.
Volgens sy skoonseun, past. Nicholas Hendricks, was sy skoonpa 'n stil en nederige man, maar tog iemand wat nie geskroom het om jou reg te wys nie. Hy het sy gesin altyd eerste ge-stel. Hendricks vertel dat sy vrou, Lucille, haar pa se dood moeilik vind om te verwerk.
Jantjies laat sy vrou, Elizabeth, ses dogters, een seun, 17 kleinkinders en agt agterkleinkinders agter.
Die begrafnisdiens vind Saterdag om 10:00 by die Nuwe Apostoliese Kerk in die Oos-dorp plaas.

Theodore Jantjies.