GOURITSMOND NUUS -Dié klein kusdorpie het besluit om Vrouedag, 9 Augustus nie net saam met vroue te vier nie, maar het ook die manne en jeug betrek. Die geleentheid is deur 80 mans, 110 dames en 100 jeugdiges bygewoon.
Die gasspreker, Zane Meas wat bekendheid verwerf het as Neville Meintjies van 7de Laan, het sy slagspreuk van sy Fatherhood foundation wat hy reeds 15 jaar gelede gestig het, gebruik in sy kragtige boodskap.
Die organiseerders het Zane en sy vrou, Megan bedank wat te midde van 'n besige program Gouritsmond besoek het.
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'