Dié kaarte is gedurende Juniemaand in hul seun, Jacobus Baadjies en sy meisievriend, Elmarie Miggels se besit gevind toe hulle op Riversdal by 'n kitsbank (OTM) vasgetrek is. Wat Jakobus (72 jaar) en Louisa (70 jaar) Baadjies se harte so seer maak, is dat die sake teen die twee jongmense in die hof op Riversdal voorlopig teruggetrek is, maar daar is steeds nog geen teken van hul kaarte nie. Die hof wag glo op Sassa se verslag wat net nie vorendag kan kom nie, voor hulle met die saak kan voortgaan. Die klag teen hulle is glo in besit van gesteelde eiendom.
Die Baadjies-egpaar is erg ontstoke hieroor, omdat hulle voel dat hulle, sowel as al die ander, hul kaarte vrywillig vir die twee gegee het om hul geld te onttrek.
Volgens Baadjies (junior) en Miggels is al die begunstigdes wie se kaarte in hul besit gevind is familie, vriende of bure van hulle wat hulle net 'n guns bewys omdat dit so chaoties by die kitsbanke is op All Pay-dag op Heidelberg. Wat vir hulle so ontstellend is, is dat twee van die 20 begunstigdes se kaarte wat hulle gehad het, wel aan die twee betrokke persone deur die polisie op Riversdal teruggegee is.
Volgens die polisie op Riversdal wag hulle op Sassa om die ja-woord te gee om die kaarte terug te gee. Op die ander twee kaarte wat wel teruggegee is, het hulle gesê dat dié kaarte teuggegee is voor Sassa hulle gemaan het om dit terug te hou. Baadjies-hulle bevraagteken egter die stelling.
Vir kommentaar genader, het Dolores Wewers, Sassa se George kantoorhoof teen druktyd nog nie op Suid-Kaap FORUM se e-pos navrae gereageer nie.
* IN SHORT
An elderly couple from Heidelberg, James (72) and Louisa (70) Baadjies are fed up with Sassa because they have not returne the couple's confiscated pension cards. The cards were confiscated in June when the police arrested the couple's son, Jacobus Baadjies and his girlfriend, Elmarie Miggels at Riversdale at an ATM machine when they were withdrawing money with the cards. The cases against the two were provisionally withdrawn, but the court apparently is waiting on a report from Sassa before the case can commence. According to Baadjies they had the permission of the elderly couple to withdraw the money.

Die groep begunstigdes is ontsteld omdat Sassa nie hul kaarte wil teruggee nie. Van links staan die bejaarde Baadjies-egpaar, Jakobus (72 jaar) en Louisa (70 jaar), Katrina Chaka, Victoria Gelderbloem, Louisa Baadjies en John Hartnick. Foto's: Clive Pretorius.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'