HEIDELBERG NUUS - 'n 72-Jarige vrou is op 'n plaas tussen Heidelberg en Witsand deur volstruise doodgetrap.
Die oorledene is Sondag 25 Maart met veelvuldige kopbeserings in 'n volstruiskamp aangetref.
Volgens die polisie het sy haar seun se huis gaan oppas en het nie die gebied goed geken nie. Dit blyk of sy Saterdagaand te voet by ander mense, wat ook op die plaas woon, gaan kuier het.
''Met haar terugkeer het sy moontlik verdwaal en in die volstruiskamp beland,'' het ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoordvoerder aan Suid-Kaap Forum gesê.
Die nadoodse ondersoek het bevestig dat haar beserings slegs as gevolg van die vertrapping van die volstruise was.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'