MELKHOUTFONTEIN NUUS - Sommige van die eienaars van winkels in dié dorpie wat tydens die inperkingstyd oop is, kla dat baie inwoners hulle nie aan die voorgeskrewe regulasies steur nie.
Die eienaar van een van die winkels wat wegneemetes verkoop en vir die tyd moet sluit, het gesê dat hulle baie geld verloor, omdat krag en huurgeld baie duur is.
'n Ander het aan Suid-kaap Forum gesê daar is vele uitdagings wat hulle in die gesig staar om in dié moeilike omstandighede kop bo water te hou. "Ons probeer om ons klante se hande te ontsmet en nie meer as vyf mense in die winkel toe te laat nie, maar baie wil nie saamwerk nie."
Volgens werkers wat klante by die betaalpunte bedien, staan hulle steeds na aan mekaar, al word hulle gevra om die sosiale afstand te behou. By een van die groot winkels is daar kratte voor die toonbank geplaas om die afstand tussen klant en werker te handhaaf en hulle sodoende veilig te hou. Kruismerke is ook op die vloer geplak waar die klant moet staan wannneer hulle die betaalpunt nader.
Die kratte is voor die betaalpunt geplaas om klante op ’n veilige afstand te bedien. Foto’s: Vilando Kleinhans, leerlingjoernalis
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'