Update Video
HEIDELBERG NUUS - 'n Tragedie het hom afgespeel kort na die begin van die nuwe jaar toe 'n 11 maande oue baba op in Heidelberg raakgery is en later aan sy beserings beswyk het.
Jamie-Lee Fatjela het voor sy ouerhuis in die informele nedersetting, Dollar Square gespeel toe 'n motor in die nou pad opgery gekom het en oor hom gery het.
Die peuter se moeder, Janine en vriende het die bestuurder betyds gestop voor die motor se agterwiele ook oor Jamie-Lee gery het.
Die bestuurder, Ahmed Rayeh (39) het van die toneel af weggejaag, maar is Maandag, 4 Januarie in Mosselbaai gearresteer.
Jamie-Lee is op die toneel deur paramedici behandel en per helikopter na die George-hospitaal gevlieg. Hy is dieselfde dag oorlede aan hoofbeserings, vermoedelik soos die motor oor sy kop gery het.
Kyk 'n video hieronder:
Rayeh, 'n Egiptenaar is Dinsdag, 5 Januarie in die plaaslike landdroshof op R1 000 borg vrygelaat. Hy moes ook sy paspoort inhandig. Rayeh moet op 16 Maart weer in die hof verskyn.
Jamie-Lee Fatjela.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'