RIVERSDAL NUUS - ‘n Babadogtertjie is Donderdagoggend 7 September in ‘n motorongeluk op die N2 net buite die dorp oorlede.
Volgens die stasiebevelvoerder van Riversdal-polisie, luitenant kolonel Delicia Isaacs het die ongeluk omstreeks 03:20 gebeur.
Die Mazda 2 met drie volwassenes en twee kinders was onderweg vanaf Port-Elizabeth in die rigting van Kaapstad.
“Na bewering het die bestuurder, Zolani Zondo agter die stuurwiel aan die slaap geraak, waarna hy beheer oor die voertuig verloor het,” het Isaacs genoem.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'