RIVERSDAL NUUS - Carina Coller en haar 3,3kg babadogtertjie wat 63cm lank is, het op Nuwejaarsaand vreugde vir Coller en Riversdal-hospitaal se personeel besorg toe sy om 20:44 gebore is.
Coller se nuweling se naam is nog 'n geheim. Sy is die enigste baba wat op Nuwejaarsdag in die Riversdal-hospitaal gebore is.
Geen Kersbabas is 'n week vroeër in dié hospitaal gebore nie. Coller en haar nuweling maak dus die vreugde van feesbabas se geboorte in die Riversdal-hospitaal nog soveel meer spesiaal.
Die Riversdal-hospitaal bedien die hele Hessequa-streek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'