HESSEQUA NUUS - Ashley-Ann Kortjie (28) vertrek Maandag 27 Mei na Duitsland, Sy gaan die New Apostolic Church se Youth Convention in Düsseldorf bywoon.
Ashley-Ann is met spina bifida en dwergisme gebore en kan nie sonder haar rolstoel of krukke oor die weg kom nie.
“Ek sien die meeste daarna uit om die Chief Apostel van onse kerk te ontmoet,” het Kortjie gesê.
Ashley-Ann het nie ’n kamera om saam na Duitsland te neem nie. Indien jy vir haar een kan gee en wat nie ingewikkeld is om te gebruik nie, kan jy haar skakel by 083 504 7870.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Ashley-Ann Kortjie is dankbaar vir alles wat vir haar gereël word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'