Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Anita Peens droom nie groot nie, maar jaag ook haar drome na.
Sy het vir vanjaar se Miss Teen Common Wealth South Africa ingeskryf en is as een van die finaliste gekies.
Hoewel sy op Riversdal skoolgaan, woon sy in Stilbaai.
Sy was sewe jaar oud toe haar arm tydens ’n busongeluk vergruis is. Haar lewe het drasties op 6 Augustus 2008 verander nadat haar arm net onder haar skouer afgesit moes word.
“Al lyk ek ‘anders’ en noem mense dit ’n gebrek, gaan ek nie toelaat dat dit my terughou nie.”
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Anita Peens staan hier by Neo Matlala, Miss Teen Commonwealth South Africa 2018/19 in Johanneburg waar die eerste onderhoude en werkswinkel plaasgevind het.
Sy het nog altyd daarvan gedroom om ’n suksesvolle model te word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'