HESSEQUA NUUS - Lede van die plaaslike ANC en ANC Jeugliga het die afgelope naweek deelgeneem aan die party se 103de bestaansjaarfeesvieringe.
Die Kaapstad Stadion was Saterdag, 10 Januarie geel geverf met ondersteuners van regoor die land wat na Kaapstad gereis het vir die spesiale geleentheid.
In 'n persverklaring aan Suid-Kaap FORUM noem rdl Annelene Hartnick (wyk 5) dat dit 'n besonderse ervaring was.
"Meer as 800 ANC-lede en ondersteuners vanuit Hessequa het deel uitgemaak van die skare van sowat 70 000 mense wat die feesvieringe bygewoon het."
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.
Klik hier vir 'n fotogalery.

'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'