Die memorandum is op 10 Oktober tydens 'n optog aan die munisipale bestuurder, Johan Jacobs oorhandig. Verskeie eise, onder meer dat volhoubare dienslewering in alle wyke verlang word en dat die koalisie-raad hulle daarvan moet weerhou om onwaarhede in die media kwyt te raak en sodoende die publiek mislei en bedrieg, word gestel.
Verder word die heraanstelling van afgedankte brandweerpersoneel, die daarstelling van 'n volwaardige brandweerstasie met die nodige toerusting en die onmiddelike ontrekking van Working on Fire in die streek gevra. Korrekte salarisse volgens kwalifikasies en verdere opleiding vir gekwalifiseerde brandweerpersoneel is ook 'n vereiste.
Verder eis die party dat agterstallige oortyd, vakansie- en nagskofgelde onmiddelik uitbetaal word en dat 'n opgeleide en gekwalifiseerde senior personeellid aangestel moet word om brandweerdienste te bestuur.
"Hou op om piggy back te ry op nasionale projekte van werkskepping om armoede te bekamp en ons eis dat dienslewering in die Hessequa-gebied sal geskied soos in die tydperk toe die ANC in beheer was".
In antwoord op die memorandum noem rdl Emor Nel, uitvoerende burgemeester dat volhoubare dienslewering in alle wyke gelewer word op dieselfde standaarde en tot die beste van almal se vermoë. Sy gaan voort deur te noem dat die DA-beheerde koalisie erns het dat slegs feite weergegee word. "Daar is nooit enige beloftes van gemaak aan brandweerpersoneel nie en was hulle ook ten alle tye in die diens van die Eden Distriksmunisipaliteit".
Volgens Nel sal brandweerdienste in Hessequa voldoen aan die nodige wetgewing en standaard en word dit tans onderhandel met 'n volwaardige instansie. "Geen interne aanstellings sal gedoen word nie, maar sal 'n volledige diens deur 'n gekwalifiseerde instansie hanteer word.
*IN SHORT
The ANC is threatening mass action if the local municipality does not comply with a memorandum handed over to the Municipal Manager, Johan Jacobs. Demands stated in the memorandum includes service delivery in all wards, that the municipality sustain from false reports in the media and that 22 fired firemen be reinstated.
The ANC also demands that a qualified senior personnel member be appointed to manage fire services in Hessequa.
The opening and operating of a fully functioning fire station is also on the list of demands. Hessequa answered that fire services will be managed by a fully qualified organisation. It was also confirmed that the firemen who's contracts were suspended were not employed by Hessequa but by Eden District Municipality.

'n Groot groep ANC-lede het opgetrek na Hessequa
Munisipaliteit om hulle ontevredenheid uit te spreek.

ANC lede oorhandig die memorandum aan
Johan Jacobs, munisipale bestuurder.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'