STILBAAI NUUS - Om 99 goeie lewensjare agter jou naam te kan skryf, wil gedoen wees.
Nettie van Schalkwyk van Huis Stilbaai het op Maandag, 7 Maart hierdie groot mylpaal gevier.
Tant Nettie het op Albertinia grootgeword en later by Riversdal-hospitaal gewerk. Na haar troue het sy en haar man, Hansie, die winkel en kwekery op Botterkloof bedryf.
Na 'n inbraak en diefstal by haar winkel wat baie traumaties was, het sy besluit om die winkel waar sy so gelukkig was te verkoop.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'