JAGERSBOSCH NUUS - Die algemene jaarvergadering van die dorp se gemeenskapsorgsentrum, wat 'n nie-winsgewende organisasie is, vind Woensdag 30 Mei om 17:00 in die gemeenskapsaal plaas.
Die teenwoordigheid van lede, nie-lede, asook nuwe inwoners en belangstellendes is uiters belangrik, aangesien die volhoubaarheid van Jagersbosch bespreek en belangrike besluite geneem gaan word.
Die Jagersbosch-bestuur het die eerste kwartaal van 2018 'n langtermyn strategiebeplanning en ondersteunende begroting, bemarkings- en finansiële plan voltooi wat onder andere insluit die herstrukturering van die bestuurstruktuur, die sentralisering van sommige dienste en moontlike verkope van eiendom waarvan die besonderhede by die vergadering van goedkeuring voorgelê sal word.
Volgens die onlangse nuusbrief het Jagersbosch gedurende die afgelope finansiële jaar goed presteer, wat te danke is aan skenkings en donasies deur lede, verenigings, sakelui en die ondersteuning van die breë gemeenskap.
Die instandhouding van die infrastruktuur, toerusting, uitrusting en vervoer gaan egter druk op die finansies vir die volgende vyf jaar plaas. Jagersbosch se jaarlikse basaar word gedurende die winterskoolvakansie gehou en vind op Saterdag 7 Julie in die gemeenskapsaal plaas.
Belangstellendes kan vir Carina by die Jagersbosch-kantoor kontak by 028 754 1934 of vir Tine-Mari by 028 754 3204.
'Ons bring jou die nuutste Jagersbosch, Hessequa nuus'