JONGENSFONTEIN NUUS - Die Jongensfontein Inwonersvereniging (JIV) in samewerking met ander kusskoonmaakorganisasies (Coastal Cleanup Conservation) beoog om op 16 September, wat Wêreld-kusopruimingsdag is, 'n gedeelte van die kuslyn wes van Jongensfontein skoon te maak.
Hierdie 1,7 km-kuslyn, wat 'n gewilde staproete is, is besaai met rommel wat hoofsaaklik vanaf bote hier. Volgens Miranda van Aardt, een van die organiseerders beloop die program as volg, maar sy noem dat sy nader aan die tyd meer inligting sal deurgee.
Hul beplan om dié dag om 09:00 vir 09:30 by die Seesig Kafee op Jongensfontein bymekaar te kom. Die groep sal dan in drie spanne, wat uit kinders en volwassenes bestaan, opgedeel word. Die spanne sal per voertuig by die punte afgelaai word. Elke span sal ongeveer 500 m skoonmaak en na die opruiming sal alles na die beginpunt gebring word.
"Daar is pryse wat skole kan wen (R5 000) - kom ons help deur soveel as moontlik plastiese rommel te versamel. Na die tyd is daar vir elkeen 'n worsbroodjie en koeldrank om te geniet. Ons beoog om ongeveer 400 swart plastieksakke vol te maak en word selfs die munisipaliteit betrek om spanne saam te stel, naamlik werkers, amptenary, die burgemeester en so meer.
Die sakekamer word ook betrek en ons nooi almal wat belangstel om betrokke te raak," sê Van Aardt.
Vir meer inligting skakel Naas Palmer by 082 630 0230 of Miranda van Aardt by 071 234 9114.
Volgens haar is dit belangrik dat belangstellendes vooraf aan haar 'n WhatsApp of SMS met die naam en aantal mense wat sal bywoon.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'