ALBERTINIA NUUS - Tinka Smal, wat vir 12 jaar op die beheerraad van Albertinia-museum was, het as voorsitter bedank, 'n pos wat sy die afgelope twee jaar beklee het.
"My hart is bitter seer hieroor, maar ek moes die besluit neem," het sy gesê. "Die museum is deur 'n baie moeilike tyd as gevolg van Covid-19, maar ons wil die deure vir die gemeenskap oophou, want dit is ons erfenis.
Die museum verwelkom Stephanie Rossouw as die nuwe voorsitter wat op 29 Mei gekies is.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'