Update
ALBERTINIA NUUS - AfriForum se Albertinia-plaaswag het Woensdag, 19 Mei opleiding in regsaspekte ontvang.
Dit vorm deel van AfriForum se program om gemeenskappe te bemagtig om met veiligheidsprojekte binne die raamwerk van die wet op te tree.
Regsaspekte-opleiding maak deel uit van 16 gemeenskapveiligheidsmodules wat deur dié organisasie ontwikkel is en as belangrik beskou word om buurtwaglede te bemagtig om enige bedreiging wat in hul gemeenskappe mag ontstaan, met selfvertroue en kundigheid aan te spreek.
Die opleiding is deur Arno Greyling, distrikskoördineerder vir die suidstreek aangebied.
Volgens Greyling is dit uiters belangrik dat buurt- en plaaswaglede met die wet vertroud is en verstaan wat hul rol, regte en beperkings is. Sodoende kan hulle binne die raamwerk van die wet optree wanneer hulle hul gemeenskappe beveilig. "Die veiligheidsuitdagings wat ons plaasgemeenskappe deesdae in die gesig staar, vereis dat boere toegerus moet wees met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree en goeie besluitneming aan die dag te kan lê. Hierdie opleiding is saamgestel juis om dít te bereik," sê David Olivier, provinsiale veiligheidskoördineerder vir die suidstreek.
Raak vandag by AfriForum se veiligheid-strukture betrokke: SMS Buurtwag na 45265 (R1).
Vorige artikel: Plaaswag word in regsaspekte bemagtig
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'