ALBERTINIA NUUS - AfriForum se Albertinia-plaaswag het Woensdag, 19 Mei opleiding in regsaspekte ontvang.
Die opleiding is deur Arno Greyling, distrikskoördineerder vir die suidstreek aangebied.
Volgens Greyling is dit uiters belangrik dat buurt- en plaaswaglede met die wet vertroud is en verstaan wat hul rol, regte en beperkings is.
Raak vandag by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45265 (R1).
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'