Update
HESSEQUA NUUS - Afvalverbranding is onwettig en niemand behalwe die munisipaliteit of persoon gemagtig deur die munisipaliteit mag enige vullis van enige perseel verwyder of daarvan wegdoen nie.
Geen persoon mag afval sonder die skriftelike goedkeuring van die munisipaliteit brand nie.
Jy kan R500 per regulasie wat jy oortree beboet word.
Met die intree van afvalwetgewing in 2008 het dit elkeen se plig geword om besoedeling so ver moontlik te voorkom.
Vullisverwydering in munisipale areas word as een van die belangrikste aspekte beskou vir die vooruitgang van volhoubare omgewingsbestuur.
Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder van Hessequa-munisipaliteit sê: "Vir plaasbewoners en/of eienaars is verbranding 'n algemene daaglikse praktyk.
"Hessequa-munisipaliteit lewer tans 'n vullisverwyderingsdiens in die landelike areas van Gouritsmond, Stilbaai, Vermaaklikheid en Garcia-gebiede.
"Plaasbewoners/eienaars in die bogenoemde areas plaas hul vullis op 'n roetine basis in beskikbare massa vullishouers langs hoofroetes en word vullis op die nege verskillende roetes langs paaie ten minste een keer per week verwyder."
Wetgewing is verpligtend en word plaasbewoners/eienaars versoek om nie afval te verbrand nie en die munisipale verordening na te kom.
Die munisipale verordeninge rakende wegdoening met vaste afval bepaal die volgende
- Niemand behalwe die munisipaliteit of 'n persoon gemagtig deur die munisipaliteit mag enige vullis van enige perseel verwyder of daarvan wegdoen nie.
- Elke eienaar van persele moet, waar 'n diens gelewer word, gebruik maak van die diens wat deur die munisipaliteit voorsien word vir verwydering of wegdoen van vullis, ten opsigte van vullis wat vanaf sodanige perseel ontstaan.
- Die tarief vasgestel deur die munisipaliteit sal deur die eienaar aan die munisipaliteit betaalbaar wees, ongeag of van die diens gebruik gemaak word, al dan nie.
Lees 'n vorige artikel: Afvalverbranding is onwettig
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'