Update
HEIDELBERG NUUS - "Ek kan, ek sal, ek moet," is hoe Henricus Gysman, bekende EdenFM radio-omroeper die leerders van die Heidelberg ABET-sentrum tydens hul jaareind erkenningsaand in die Diepkloof-jeugsentrum bemoedig het.
Gysman en Isaac Langeveldt was die gassprekers by die verrigtinge. Langeveldt is prinsipaal van VRT Pitt Primêr op Swellendam, asook geskiedenis onderwyser by
Annelene Hartnick, oud-onderwyser en voormalige wyksraadslid, asook Helene 'ant Kandas' Hendricks, oudste oudleerder van ABET, het ook die leerders toegespreek.
June Davids, prinsipaal, het die aanwesiges verwelkom en die leerders aangemoedig om nie terug te staan nie, maar elke geleentheid aan te gryp om hul omstandighede te verander. "Beplanning is baie belangrik. Doen net wat jy moet doen en alles sal dan in plek val."
Gysman het ook die leerders aangemoedig om net hul beste te gee om 'n goeie nalatenskap agter te laat. "Wat jy insit, sal jy uitkry. Onthou, as mense na jou kyk, moet hulle hoop sien" het hy benadruk.
Langeveldt het die leerders aangespoor met 'n aanhaling uit een van die bekroonde skrywer, Ashleigh Brilliant se vele boeke: 'The most exciting place to discover talent is within yourself.'
Verder het hy gesê dat dat as hulle nie hul eie talente gaan ontwikkel nie, gaan hulle bly waar hulle is. "Moenie dat iemand jou definiëer nie," het hy na Hendricks verwys wat op 68-jarige ouderdom steeds 'n leerder van ABET was.
Volgens Langeveldt verg die pad na sukses baie moed, maar met die regte houding is dit die moeite werd. "Attitude brings altitude", het hy beklemtoon.
Altesaam 16 leerders het hul onderskeie kursusse/vakke, waaronder vlak 4, gesondheidsorg, reis en toerisme, vroeër kindontwikkeling (VKO), Afrikaans, Engels en wiskunde voltooi. Van die leerders is vanaf Riversdal en Melkhoutfontein. Nadia van Dyk wat nou in die Paarl werksaam is, het met 100% in VKO geslaag.
Lees 'n vorige artikel hier: Abet-leerders kry erkenning
Die groep leerders het hul sertifikate van hul prinsipaal, June Davids (met pienk bloes) in ontvangs geneem. Agter, van links: Nelmree Geswind, Rozanne du Toit, Nico Elbrink, Henry Campher, Davids, Priscilla Roberts, Madelein du Toit, Chanté Scholtz, Beadrick Kalmashe en Jomeree Fielies. Voor: Melanie Nikana, Sheilene Hop en Charicia Baadjies. Afwesig: Nadia Van Dyk. Foto's: Clive Pretorius, korrespondent
Petro Joseph (oud-Abetleerder en prinsipaal van haar eie kleuterskool), Isaac Langeveldt (gasspreker), June Davids (prinsipaal), Helene Hendricks (oud-leerder) en Henricus Gysman (gasspreker) was van die eregaste.'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'