SLANGRIVIER NUUS - Jacquin, enigste seun van Emmerentia October, ‘n enkelma van Slangrivier het sy PhD-doktorsgraad in Januarie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.
Sy skoolopleiding was by Slangrivier Primêr en Kairos Sekondêre skole.
Hy het in 2006 met sy studies begin en het sy BSc in 2009 verwerf, waarna hy vir ‘n BSc (Hons)-graad in chemie ingeskryf en in 2010 voltooi het.
Vir die volgende twee jaar het hy as ‘n analitiese chemikus by ‘n laboratorium in Woodstock gewerk sodat hy iets kon bydra aan sy familie wat hom bygestaan het.
In 2013 het hy vir ‘n meestersgraad in chemie ingeskryf, wat hy twee jaar later voltooi.
Volgens hom was die laaste twee grade die heel moeilikste om te voltooi. Hier was hy geseënd met ‘n briljante professor, Selwyn Mapolie wat hom alles geleer het wat hy vandag weet.
Tussen 2013-2020 het hy beurse van die National Research Foundation (NRF), wat onder die vaandel van die department van wetenskap en tegnologie is, ontvang en wat hy nie hoef terug te betaal nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'