ALBERTINIA NUUS - Die Diaz JKA-karateklub van Albertinia het skitterend gevaar by die Westelike Provinsie JKA karatekampioenskappe in Kaapstad en sewe medaljes gewen.
Vier van hul lede is in die WP JKA-span opgeneem om die provinsie op 28 en 29 Julie in Johannesburg by die SA karatekampioenskappe te verteenwoordig.
Die medaljewenners is van links: Sandigo van Wyngaardt (2 goud), Raydaylin Prins (1 brons), Lee-Grey Lewak (1 goud en 1 brons) en Jay-will Jacobs (2 goud).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’