HESSEQUA NUUS - 'n Graad-1 leerder het gisteraand (Saterdag, 4 Julie) op die toneel gesterf na die motor waarin hy 'n passasier was, die pad verlaat en omgeslaan het.
Die voorval het ongeveer 18:05 op die R322 Witsand-pad gebeur.
Drie ander passasiers is in die hospitaal opgeneem. Een van die passasiers is met ernstige nekbeserings in George-hospitaal opgeneem.
Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte, word 'n klag van strafbare manslag ondersoek.
Meer inligting volg sodra bekend.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'