STILBAAI NUUS - Kean Enslin, Cornel Rautenbach en Johan van Zyl, gr. 5-leerders van Laerskool Bertie Barnard is ywerige en nuuskierige ondersoekers van alles wat hulle uitmekaar kan haal en tot hul voordeel kan omskakel.
Die driestuk het 'n groepie genaamd die 'Bouklub' gestig en kom elke Vrydag by een van hul huise bymekaar om iets te bou waarop hulle kan ry.
Die nuutste toevoeging is 'n elektriese 'longboard' in wording.
Hulle het al die motor, skakelaar en battery.
Volgens hulle is die motor 'AC' en as hulle 'n battery wil koppel, benodig hulle 'n elektriese omsetter van krag.
Sodra dit gekoppel is, daag hulle alle manne in die omgewing vir 'n kompetisie uit.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'