Volgens Danie Crafford, voorsitter is hul beplanning om tydens die Al-2-Hez bergfietswedren wat jaarliks op die eerste naweek in September plaasvind en reeds alombekend is, ook 'n sportfees vir die naweek te beplan.
Die volgende liggame het reeds aangedui dat hul beoog om deel te neem
Al-2-Hez bergfietswedren; die Trail Run ge-reël deur die Al-2-Hez span; Gholf by Riverdal Gholfbaan; Jukskei by die Jukskeibaan oorkant Takkieskloof; Modelvliegtuig by Riversdal Vliegveld met 'n uitstalling by Riversdal Rugbyklub; Muurbal by die Muurbalbane oorkant Takkies-kloof; Perdry - 'n rit vir ruiters; Rugby by Riverville Sportgronde; Sokker (Zamma Zamma) by Riverville Sportgronde; Tennis by Riversdal Tennisbane oorkant Takkieskloof; Veerpyltjies by Riversdal Rugbyklub; asook die Kansa stap.
Vir enige meer besonderhede skakel Crafford by 083 282 6260.