RIVERSDAL NUUS - Lauren-Lee Carolissen van Riversdal ly aan mastositose (mastocytosis), 'n baie rare velsiekte.
Volgens haar ma, Annalie is sy die enigste in die land wat hierdie velsiekte onder lede het.
Gedurende die pandemie het hulle sommige van die medikasie by die plaaslike kliniek gekry, maar daar was medikasie wat hulle self by die apteek moes kry.
"Ek werk by 'n restaurant en kry net fooitjies, dus kan ons dit nie altyd koop nie," sê Annalie.
Lauren-Lee het nou 'n afspraak by die Grootte Schuur-hospitaal gekry en moet volgende week daar wees, maar weereens ontbreek die nodige finansies.
Enigiemand wat bereid is om haar te help, kan 'n boodskap vir Annelie per WhatsApp stuur by 083 524 2641 (nie skakel nie omdat die foon se luidspreker nie werk nie) of vir Lauren-Lee by 073 989 0667.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'