HESSEQUA VERKIESINGSNUUS - Die vyf kandidate in volgende week se tussenverkiesing in Wyk 4 is bekend gemaak.
Hulle is Lisbé Pieterse van Heidelberg vir die ANC, Gerald Boeszak van Slangrivier vir die DA en Ben Dell van Heidelberg vir die VF+. Die twee onafhanklike kandidate is Jobie Hoogbaart van Slangrivier (voorheen DA) en Wayne September van Heidelberg (voorheen ANC).
Inwoners van Wyk 4 kan op 10 April by verskillende stemlokale in Heidelberg, Slangrivier en Witsand stem.
Klaarblyklik is hierdie tussenverkiesing baie belangrik vir die DA, want tydens die vorige verkiesing was hulle kop-aan-kop met die ANC.
Verskeie Wes-Kaap ministers, naamlik Anroux Marais (kultuursake en sport), Anton Bredell (plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning), Ivan Meyer (finansies), Albert Fritz (maatskaplike ontwikkeling), asook die DA se provinsiale leier Bonginkosi Madikizela.
Marais het Maandag 1 April tydens ’n besoek aan Riversdal 12 fietse aan leerders oorhandig. Sy het Dinsdagoggend besoek gebring aan Slangrivier, waar nuwe sportfasiliteite bekendgestel word.
Fritz het Maandag Diepkloof by Heidelberg besoek waar voorlopige titelaktes van ’n groot aantal wooneenhede verlede week deur Madikisela aan inwoners oorhandig is.
Meyer en Madikisela besoek Witsand op 4 April, gevolg deur Bredell op 5 April.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'