HESSEQUA NUUS - Gerald Boezak van die DA het Woensdag 10 April die tussenverkiesing in Wyk 4 (Slangrivier) gewen.
Dit is die eerste keer ooit dat die DA hierdie wyk wen en die party se steun het met 20% toegeneem.
Boezak het 57,14% op hom verenig met 1 404 stemme, teenoor die 2016-verkiesing waartydens die DA 850 stemme (34,27%) verower het.
Die ander partye wat kandidate in die tussenverkiesing gehad het, was die ANC met 41,31%, die VF+ met 1,10%, en die onafhanklike kandidate Jabe Hoogbaard met 2,93% en Wayne September met 1,33%.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'