Sponsored Content
SAKENUUS - Om as Best of Hessequa-wenner aangewys te word, is vir Vodacom Stilbaai 'n besondere eer en bevestig die onderneming se strewe om elke dag uitmuntende diens aan sy kliënte te lewer.
Sedert André van der Merwe die besigheid in 2018 oorgeneem het, was sy visie duidelik: om deur eerlike advies, uitstekende produkkennis en persoonlike diens 'n onderneming te bou waarop die Hessequa-gemeenskap met vertroue kan staatmaak.
Wat klein begin het, het met harde werk en toewyding gegroei tot 'n betroubare diensverskaffer waar kliënte altyd eerste kom.
By Vodacom Stilbaai word elke kliënt se unieke behoeftes eers bepaal voordat enige aanbeveling gemaak word. Só verseker die span dat elke kontrak, toestel of datapakket die beste waarde en oplossing vir die kliënt bied.
Die winkel bied 'n volledige reeks Vodacom-produkte en -dienste, waaronder selfoon- en datakontrakte, kontrakopgraderings, veseloplossings vir huishoudings en besighede, Home Internet-datapakkette, die bekostigbare Easy2Own-selfoonopsie, asook voorafbetaalde lugtyd-, data- en LTE-datapakkette.
Die doel is eenvoudig: om elke kliënt met die regte tegnologie verbind te hou.
Volgens André is hierdie toekenning eerstens 'n huldeblyk aan sy toegewyde span. "Ons personeel het 'n opregte passie vir mense en kliëntediens.
"Hulle harde werk, lojaliteit en deursettingsvermoë maak die verskil, en ek dra hierdie toekenning met trots aan elkeen van hulle op."
Hy rig ook 'n opregte woord van dank aan elke kliënt en leser wat vir Vodacom Stilbaai gestem het.
"Julle vertroue en volgehoue ondersteuning beteken ongelooflik baie vir ons. Sonder ons gewaardeerde kliënte sou hierdie prestasie nie moontlik gewees het nie.
"Ons sien daarna uit om die Hessequa-gemeenskap nog vir baie jare met dieselfde toewyding, vriendelike diens en professionele advies te bedien."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’