Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Terwyl Vidamed in Mosselbaai ’n belangrike mylpaal vier aangesien dit vyf jaar is sedert dié hospitaal geopen het, is hul oogmerk om pasiënte te laat voel asof hulle tuis mediese behandeling ontvang, steeds ’n primêre dryfkrag.
Die atmosfeer van sorgsame warmte is sommer met die intrapslag in die ruim ontvangslokaal voelbaar.
By een adres bied Vidamed twee moderne teaters, ’n daghospitaal met 25 beddens en ’n 15-bed sub-akute eenheid vir rehabilitasie na groot operasies soos heup- of knievervangings of beroerte. ’n Apteek op die perseel verseker selfs verdere gerief vir omvattende mediese sorg.
Die hospitaal het amptelik in Maart 2015 geopen. Meeste van die bestuurspan het aangebly en boonop is Vidamed ’n gesogte keuse as werkgewer.
Die hospitaal is sentraal geleë naby restaurante waar familielede kan wag terwyl dagprosedures op pasiënte uitgevoer word, sou hulle so verkies eerder as om die hospitaal se mooi uitsig te geniet.
Met die Life Bay View-sentrum net verder op in Alhofrylaan, Mosselbaai, waar die hospitaal geleë is, is ander noodsaaklikhede ook maklik bekombaar.
Die daghospitaal hanteer alle dagprosedures oor ’n wye spektrum en is bevoorreg om puik spesialiste op hul gebiede te hê. Dit sluit onder meer urologie, ortopedie, ginekologie, tandheelkunde, oogchirurgie, oor-, neus- en keelchirurgie, kaak-, gesig- en mondchirurgie, plastiese chirurgie, asook algemene chirurgie in. Dieselfde mediese spesialiste wat by die Life Bay View-privaathospitaal diens doen, voer ook hier gereelde dagprosedures uit.
’n Voordeel om hierheen te kom is dat pasiënte wat mediese prosedures ondergaan, dieselfde aand nog in die gemak van hul tuiste in ’n bekende omgewing, kan begin aansterk. Die hospitaal is die enigste fasiliteit waar privaat oogchirurgie gedoen kan word.
In die sub-akute sorgeenheid word doelgeorienteërde, omvattende, gekoördineerde en multi-dissiplinêre gesondheidsorg gebied. Dit behels mediese sorg en rehabilitasie na knie- of heupvervanging, beroerte, amputasie, asook vir sekere neurologiese toestande. Ander dienste wat in hierdie eenheid met sy 15 beddens gebied word, sluit in wondsorg, kanker- en palliatiewe sorg, bloedoortappings, binneaarse toediening van medikasie, asook slaapstudies vir slaapapnee.
’n Multidissiplinêre span bespreek elke pasiënt se individuele behoeftes en vergader weekliks om beplanning en vordering te monitor. Hierdie span sluit mediese dokters wat daaglikse saalrondtes doen, arbeids- en spraakterapeute, ’n wondsorgspesialis, dieetkundiges en maatskaplike werkers in wat na pasiënte se herstel omsien.
Die hospitaal is by alle mediese fondse geregistreer maar akkommodeer ook privaat pasiënte en is deel van die National Hospital Network (NHN) en die Day Hospital Association South African (DHASA). Albei dien as sambreelorganisasies vir onafhanklike privaathospitale en mediese fasiliteite.
Volgens Arie Kadé, algemene hospitaalbestuurder van Vidamed, strek hul toegewyde en passievolle personeel die hospitaal tot eer. Kadé meen dat Vidamed ook vir mediese uitdagings kans sien. “Ons is hier om die mense van ons streek, veral in Mosselbaai en omliggende gebiede waar hulle ondersteuningsraamwerke is, te dien.”
“Ons personeel doen wat hulle doen, omdat dit hul passie en liefde is. Dis voorwaar ’n besonderse span met opmerklike passie vir hulle werk. Dít spreek veral uit ons pasiënte se ervarings - dit is ons beste getuigskrifte.”
Vir verdere navrae kan hulle by 044 690 3402 gekontak word, of besoek die webwerf www.vidamed.co.za.
Van links: Mnr. A Kade (hospitaalbestuurder), me. A Booysen (administratiewe hoof), sr. M Hlophe (matrone), sr. K Pienaar (eenheidsbestuurder: dagsaal), sr. M Kleynhans (eenheidsbestuurder: sub-akuut) en dr. T Gericke.
Van links: Drs. U Keyser, G Leonard, D Potgieter, BC Alberts, P Steenkamp en mnr. A Kadé.
Administratiewe Personeel.
Dagsaal met ons Apteker Me C Muller.
Dagsaal met ons Apteker Me C Muller.
Sub-Akuut Personeel.
Teater personeel, Dr LD Griesel, Dr J Snyman
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'