Advertorial
RIVERSDAL SAKENUUS - SWD-Petroleum in Riversdal vier vanjaar hul 21ste bestaansjaar.
Goeie diens, vriendelike personeel, produkte van hoë standaard en gehalte hou sedert 1997 dié besigheid se deure oop. Aan die begin het SWD-Petroleum slegs diesel aan die publiek gelewer. Die groot verandering het in 2010 gekom waarna hulle loodvrye petrol aan die publiek begin lewer het.
Vandag kan jy nie net diesel en loodvrye petrol by hul aanskaf nie, maar ook olie, industriële- en huishoudelike gas, gas geysers, paraffien, sweistoerusting, asook braai- en kamptoerusting is by hul winkel op die perseel beskikbaar. Indien jy ’n partytjie moet reël, onthou dat hulle boonop ballonne met helium vul.
Hier word langtermyn besigheidsverhoudinge gebou. Wanneer nodig, word die kliënt tegemoet gekom met die in agneming van bepaalde voorwaardes. As ’n besigheid wat deel van die gemeenskap is ondersteun hulle plaaslike skole en is een van die borge tydens die jaarlikse landbouskou.
Kom kuier saam met die vriendelike personeel terwyl jy ’n heerlike koppie koffie geniet.
SWD-Petroleum Riversdal se produkte voldoen aan SABS standaarde.
Besigheidsure:
- Maandae tot Vrydae: 07:30 - 17:00
- Saterdae: 8:00 – 12:00
- Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae.
Vir meer inligting skakel: 028 713 2897.
Twee vriendelike gesigte wat altyd by SWD-petroleum in Riversdal gesien kan word is die van Hein Joseph en Caven Paulsen. Hein is sedert 1997 in hul diens.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'