Frank Kruger, eienaar van die Sushi Bar wat in die Wawiel Restaurant in die Travel Lodge geleë is, het die leemte hiervoor raakgesien en is tans een keer per week, elke Woensdag, op sy pos om 'n verskeidenheid van watertand sushi-geregte aantreklik voor te berei. Alle skulpvissoorte word gaargemaak en is dit net salmon wat rou geëet word.
Op sy spyskaart is daar onder meer Salmon Roses, Maki rolls, Nigiri, California Rolls en Fashion sandwiches om van te kies.
'Platters' wat 'n verskeidenheid hiervan bevat is ook ideaal vir privaat- en besigheidsfunksies, maar belangstellendes moet onthou dat Frank ten minste 'n week vooraf kennis van so 'n funksie gegee moet word vir die beplanning en voorbereiding van die spyskaart.
Dus, as jy dit nog nie probeer het nie, is dit nou die tyd om sushi te beproef. Trakteer jou gesin of sommer die hele familie op 'n weeklikse basis en gaan kuier vir Frank in sy Sushi Bar. Hy beplan om dit so gou moontlik op 'n meer gereelder basis te doen.
Skakel hom by 079 246 5355 vir enige navrae of bestellings.

Gaste geniet sushi by die Sushi Bar.